Home

Blastco Industriële Dienste lewer gespesialiseerde dienste aan die swaar industriële en wyn produserende sektore. Hierdie dienste sluit in die gebruik van hoëdruk en ultra-hoëdruk masjiene vir was, skoonmaak en bekledingsdienste. Groot klem word gelê op omgewingsvriendelike praktyke en veilige toerusting.
Blastco is trots op projekte deur ons onderneem die afgelope jare. Ons beroem ons op werk van uitstaande gehalte en het die alleenmandaat vir gebruik van Copertura-epoxy in die wynbedryf. Copertura word ingevoer van Italië en word al vir 40 jaar plus plaaslik gebruik. Met voltooiing van elke projek word relevante voedselsertifikate aan die kliënt voorsien.
Blastco werk streng volgens veiligheidsvoorskrifte voorsien deur ons Gesondheids- en Veiligheidskonsultant, Noshtac SA. Met elke projek word ‘n veiligheidsleêr by die keldermeester gelaat vir die duur van die projek.
Blastco is uitstekend geposisioneer om uitsonderlike dienste te lewer wat spesialiseer in:

  • Sand “Grit” Blaas (watertoediening)
  • Ultra-Hoëdruk ≥ 2500 BAR
  • Hoëdruk ≥ 750 BAR
  • Industriële Bekleding (Verf)
  • Restourasie en herbekleding van vloere
  • Tenke (Beton en Sagte staal)
  • Afsluiting (shutdown) Bestuur